Uithoeke/Outcorners
Fotogedigte deur Hans Pienaar/ Photopoems by Hans Pienaar
Met fotogedigte gaan ’n mens verder as net die gebruik van foto’s as illustrasies by gedigte, of andersom. Hulle kan nie afsonderlik van mekaar gelees word nie en die digelemente van die fotogedigte is nie bedoel om selfstandig te bestaan nie – afsonderlik gelees sal hulle nie altyd sin maak nie.
Maar die sleutel tot die bundel is in die eerste plek: plesier. Van lees, van ’n misterieuse foto, die kleure daarvan, die onverwagse komposisie, die skielike insigte. Die plesier van woorde, gedagtes en beelde in ’n nouer verband as net dié van kommunikasie.
Op die ou end, die plesier van grense oortree, en nuwe maniere van dink en doen beproef. Die fotogedigte in hierdie bundel volg nie die huidige reëls van die digkuns nie. Die taboe teen rym is nie toegepas nie, maar soms is hulle ook te prosaïes vir sommige smake.
The key to this collection – first conceived in Afrikaans and then translated into English – is simple: pleasure. The pleasure of reading, of words and images, of the mysteries of a certain kind of photograh, its colours, its uncanny composition, the sudden insights. The pleasure of thoughts, images and phrases in a tighter relation than during daily communication.
With photopoems the idea is to go further than the mere attachment of photos to poems as illustrations, or vice versa. The poetic and photographic elements are not read in isolation from each other and the poetical
elements are not meant to exist as independent poems.
Praise for Uithoeke: Hans Pienaar’s “intra-collaboration” – between two parts of his creative soul – is by far one of the most interesting manifestations of this kind. It changes the way photography would normally act as well as the way poetry acts. Under pressure of one another, the two modes change the nature of their “will”, so to speak. This is a bold experiment. But what it contains above all is a soothing beauty. As well as perpendicular exhiliration. – Charl-Pierre Naudé
R260 + posgeld

My China: novel
By Hans Pienaar
Iggy Jansen’s brain does not function so well anymore. His memory is shot, he battles with the many gadgets in his house and there are all these pointers to things Chinese in his life, like the satellite that threatens to fall on South Africa. He has these dreams about a woman on a billboard in a parking lot with whom he may or may not have had sex. But this makes him a prime recruit for a sinister unit run by the armed forces which needs people with skills in deniability. When at last he finds a way to escape from its clutches, he is faced with an impossible task: he has to prove in court that he had murdered someone. But who? He can’t trust anybody around him enough to know for sure which of the various possibilities are true. The state itself is confused. What must it do with all the special unit skills developed over decades? Privatisation is one answer for the new ANC government. There is a lot of interest out there in buying a third force, especially when it does not exist. R165 + postage |
My China: roman
Deur Hans Pienaar
Iggy Jansen sukkel. Sy brein vat nie meer so lekker nie, hy kan goed nie onthou nie en worstel elke dag met die baie gadgets in sy huis. Daar is al die verwysings na Chinese dinge in sy lewe. Hy het ook hierdie drome oor ’n vrou op ’n advertensiebord in ’n parkeerterrein met wie hy dalk seks gehad het, of dalk nie.
Dit alles maak hom ’n uitstekende rekruut vir ’n sinistere eenheid in die gewapende magte, wat mense nodig het met talente in ontkenbaarheid. Wanneer hy uiteindelik ’n manier kry om uit hul kloue te ontsnap, kom hy voor ’n sondelinge uitdaging te staan: Hy moet aan die hof bewys dat hy iemand doodgemaak het. Maar wie? Niemand om hom is betroubaar genoeg om te bepaal watter van die verskillende moontlikhede die ware is nie.
Intussen het die nuwe regering probleme van sy eie. Wat doen jy met al die vernuf vergader in dekades van opleiding in die weermag? Privatisering is een antwoord vir die nuwe ANC-regering – baie mense daarbuite stel belang om ’n derde mag aan te koop, veral as hy nie bestaan nie.
R165 + posgeld

Chaos, of Op soek na Superman
Moord en doodslag, brandende strate, onbetroubare polisie, chaos oral. Waar het ons dit al vantevore gesien? Wie gaan orde in die situasie bring? Superman! Maar is hy die regte man vir die job? En bestaan hy regtig? Hoekom daag hy dan nie op by die scene of the crime nie?
Hans Pienaar het vir Superman gaan soek, en hom op plekke gekry waaroor ‘n mens nie regtig wil praat nie. Maar dit moet uit. Die waarheid. En dan is daar nog die Wright-broers ook, wat begaan is oor hul plek in die geskiedenis. Wat ook deur die waarheid bedreig word, want was hulle regtig die eerste mense om te vlieg?
En wat van FW de Klerk? Die voormalige president het nog niks verkeerd in sy lewe gedoen nie, en is so onskuldig hy kan maklik in ‘n engel verander. Sodat hy vir Van Hunk van Tafelberg af kan gaan rook. Gelukkig is daar oud-kaptein Rex S de Vlieg om oor hom te waak.
Dr Dwayne van Aswegen, bekende sielkundige en kunstenaar van North Carolina het oor hierdie boek verklaar: “Ek weet nie so mooi nie.” Maar wie is hy nou eintlik? Kan ‘n mens iemand met so ‘n naam ernstig opneem? Comic dief! Chicken runner!
Lees van die Groucho Marx-terroriste, die Skarlaken Dame, die kranksinnige kok, die Rockeystraat blues, die vreemde aantreklikheid van die musikale tafeltennisbal, die goue lepeltjie, die dogters van Kain, die generaal se tydmasjien, en hoekom almal vir Wolraad Woltemade vergeet het.
En dan is daar chaos, wat eintlik ordelik is, en orde wat eintlik chaos is. Of is dit andersom. Geen regering, geen politikus, niemand in die magte kan sonder chaos klaarkom nie. Nie as hulle orde wil he nie. Hoe hou ‘n mens kop in sulke omstandighede? Die antwoord: jy verloor hom.
Die boek is vir honderd jaar gewaarborg. Want niks verander nie. Maar die papier is darem ekologies korrek, en sal daarom vergaan. Sorg dus dat jy dit betyds lees.
R120 + posgeld

Notas uit die empire
Hans Pienaar se jongste digbundel, “Notas uit die empire”, het goeie kommentaar ontlok van kritici en lesers. Die digter Johan Geldenhuys beskryf dit as ’n meesterstuk en Jo Prins, Boekeredakteur van Beeld sê van die gedigte is “baie goed, soms briljant”. Joan Hambidge van die Universiteit van Kaapstad prys die taalspel van sommige gedigte as “indrukwekkend” en prys die vakmanskap van ander aan. Desmond Painter reken Pienaar neem die leiding op sy gebied. Charl-Pierre Naudé het hom ook by geleentheid as die voorste eksperimentele digter in Suid-Afrika beskryf.
Oor die titel en aanslag skryf Pienaar: ’n Paar generasies gelede was daar nog ’n aantal empires, wat nogtans nie die hele aarde beheers het nie. Vir ’n ruk lank daarna was daar twee, en toe net een. Vandag is daar geen, net “empire” wat dwarsoor die heelal strek, en in die virtuele ruimtes tussenin en daaromheen. Sy hoofkwartiere en hoofstede is oral te vinde, en nêrens. Almal staan in diens daarvan, en almal kom in opstand daarteen.
Hans Pienaar se tweede digbundel vertel van hierdie empire, wie die nuwe keiser is en hoe ons omgaan daarmee. Dit put uit besoeke as joernalis aan lande so uiteenlopend soos Irak, Noorweë, Mali, China, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Italië.
Uniek in die bundel is twee reekse “fotogedigte”, fotos waarby gedigte geskryf word waarvan die lesing geïntegreer is met die lesing en herlesing van die foto’s. Die reekse verwys albei na George Orwell se 1984. Van die fotogedigte is geneem uit vier uitstallings op Oudtshoorn, Stellenbosch en Johannesburg.
R80 + posgeld

Alchemie van die Meeue
Heidi Papadopoulos se debuutbundel is aweregs, maar kom uit die hart van iemand wat die Kaapse onderkant aan haar eie lyf beleef het. Die gedigte is liries, eerder as gedronge, en vol beelde wat die asem wegslaan, en nie 'n tree terugstaan vir die talente van 'n Bryten Breytenbach of Ingrid Jonker nie.
Sy skryf oor die kusdorpe van die Kaap en die binneland, oor vuil strande en nat snelwee. Bokant alles troon die berg uit, met sy vele betekenisse wat van stand tot stand en ras tot ras verskil. Maar dis bowenal 'n reeks liefdesgedigte aan die Kaap, vol passie wat jou uitasem sal laat, maar laat voel jy het 'n leeservaring soos min gehad. R150 + posgeld |