Uithoeke: Fotogedigte deur Hans Pienaar
Publikasiedatum: 2015
Fotogedigte – die neem van kunsfoto’s en die skryf van gedigte daarby deur dieselfde persoon – is ’n unieke kunsvorm. Die ideaal is dat die wedersydse verwysing na mekaar ’n lesing of ervaring oplewer wat nie moontlik is as een van die twee elemente afwesig is of van mekaar verwyder is nie.
Ek het self toevallig op die hibridiese vorm afgekom; trouens, die naam “fotogedig” is my eie. Op my reise deur die wêreld as joernalis het ek begin foto’s neem omdat my werkgewers nie altyd kon bekostig om ’n fotograaf saam te stuur nie.
Dikwels moes ek sulke foto’s haastig neem. En ewe haastig notas oor hulle neerpen sodat ek kon onthou waarom ek ’n spesifieke foto geneem het, so tussen onderhoude met ministers en uitstappies met diplomate deur.
As digter het hierdie notas gaandeweg die grondslag vir “lui” gedigte begin word, wanneer ek nie te hard wou dink aan nuwe verse nie. Op ’n dag het ek egter besef hier is iets aan die gang wat flukser aandag vereis – die “lesing” van ’n foto word baie goed aangehelp deur poëtiese tegnieke.
Met my eerste uitstalling op Oudtshoorn was daar positiewe kommentaar van die publiek en veral van ander digters en kunstenaars, soos Antjie Krog, Jeanne Goosen, Theo Kleynhans en Charl-Pierre Naudé. Dit het my aangemoedig om verder te eksperimenteer, en die resultate, glo ek, kom die beste tot hul reg in ’n boek.
– Hans Pienaar