Chaos, of op Soek na Superman: Uittreksels
Uit die hoofstuk: 'n Bom en drie hoede
Laat ek maar die aap uit die mou laat. Dit gaan oor Superman. Ja, die man in die comic-strip, of in die rolprent, of op kinders se T-hemde. Ek was besig om navorsing te doen oor Superman, toe die katastrofe my tref. Iemand het dit gesteel. My navorsing.
Na die katastrofe moes ek skielik vind dat alles uit my brein verdwyn het, ek kon dit nie eens in breë trekke oproep nie. Al wat oorgebly het was ’n stel nuwe, handgeskrewe notas wat ek inderhaas in my beproewing gemaak het, en ek kon glad nie vasstel in watter mate dit met die oorspronklike ooreengekom het nie.
Party elemente was redelik voor die hand liggend. Ek sou my dissertasie begin met die onvermydelike aanhaling van Friedrich Nietzsche: “Behold, I teach you the superman. The superman is the meaning of the earth,” …uit die Amerikaanse tydskrif Time op die 50ste verjaardag van Superman. Met die aantekening daarby, deur myself: “My geslag is van dié wat hierdie woorde in ‘Also Sprach Zarathustra’ nooit ernstig kon opneem nie. Ek het grootgeword as ’n halwe Engelsman, soos elke mens in Suid-Afrika, en dus met die vertaling van ‘Ubermensch’ as ‘superman’.”
Ek sou myself as gevallestudie gebruik. Eers my persoonlike herinneringe:
“Ek staan in die Crossroads-kafee by die brug oor die spoorlyn. My een hand durf nie my pa se hand los nie. My ander hand reik uit na Superman met sy ballende vuis wat opduik uit die stapels comics langs die kas vol leë Coca Cola-bottels. My pa wou my ma nie toelaat om my geld vir comics te gee nie. Hy wou my geld vir niks gee nie. Die twee seuns van my Engelse bure het alles gehad. Hulle wou nooit by my kom oorslaap nie omdat ek te min goed gehad het. Hulle het alles geweet van versuikerde Rice Crispies, Chinese Checkers en loodsoldaatjies met hoë hoede.
“Vir hulle was Superman geen sonde nie. Hulle is toegelaat om na Squad Cars te luister, al was daar advertensies by. Hulle is selfs toegelaat om Franse eierbrood met appelkooskonfyt te maak.
“Ek het hulle comics verslind. Ek sou enige tyd Squad Cars in die sitkamer ruil vir comics in hul hangkas, waar hulle dit vir my probeer wegsteek het.”
Verder:
“Ek het dit nooit aan my Afrikaanse klasmaats durf vertel nie. Jare later sou ons agterkom dat ons almal dieselfde geheim gehad het: ons het skelm Superman-comics gelees. Want die onderwyser het ons gewaarsku: As jy Superman-comics kyk, wil jy Superman-pinball speel ook, en dis die spykers van die hel. Dit het my genoop om na die pinball-masjiene in die Crossroads-kafee te gaan kyk. Enigiemand kon sien die prentjies van hom was vervalsings. Hulle wou net die Superman-idee vir geldmaak gebruik. Dit het pinball vir die res van my lewe vir my geruïneer.”
Superman was ’n Yank, dit kon jy sien. Ek en die bure se seuns het alles geweet van Yanks, want my pa het my wel toegelaat om elke Saterdag saam met die bure se seuns in die Lugmag se bioskoop te gaan fliek.
Dit was ’n tyd van kameraderie, wanneer hulle elkeen vir my ’n segment van hul Sky High-kougom gegee het sodat ek dit skelm in die donker kon kou; Ska-Haa, het ons gesê in die Yank-aksente wat ons geoefen het.
Daar was Yanks in elke fliek, en Yanks was soos die kinders van ryk mense. Besoeke aan ryk mense se kinders het altyd ontaard in ’n partytjie, met koek en gemmerbier. Net so sal Yanks altyd rondhang asof hulle reg is vir ’n partytjie, ’n gemmerbierpartytjie, asof hulle net vir Doris Day wag om op te daag en te begin sing. (Dis verbasend hoe dikwels sy wel opgedaag het.)
Maar Superman was ’n ander soort Yank, en dis wat my beide aangetrek en afgestoot het. Soos alle Yanks in flieks was hy ook soepel en beweeglik, maar hy was g’n joller nie. Hy was die inkarnasie van die idee dat geweld beheers kan wees, totaal, sonder ’n valse beweging. Geweld wat wag om mure te laat uitmekaar spat tot net bouvalle oorbly, verwronge staal en water wat spuit uit gate in die grond, alles ’n beheerde chaos.
U mag dink dat hierdie idees te groot vir ’n seun was. Dit sal ’n fout wees. Want ek het alles van geweld geweet, al is dit net omdat my huis, my pa en my ma niks daarvan geweet het nie. Sê ek vir myself die woord geweld, staan een herinnering uit: die keer toe my pa probeer het om sy tuinslang terug te kry.
’n Oud-kollega by sy werk het die tuinslang by my pa kom leen. Na ’n week wou my pa sy tuinslang terughê. Ek kon nooit agterkom hoekom nie, maar die lener het gesê hy gaan dit nie teruggee nie. Toe sê my pa, maar dan kom hy dit haal.
Ons het twee keer om die blok gery en na die man se huis gekyk, wat in doodse stilte gehul was. Buite het die tuinslang oor die grasperk gelê, roerloos en opgekrul en geheimsinnig asof dit betower was. My pa het buk-buk op sy tone na die kraan geloop om die slang af te skroef. Skielik het die lener agter ’n bos biesiepluime uitgespring en my pa om die keel gegryp.
Ek het in afgryse toegekyk hoe my pa hom met groot inspanning loswikkel, hoe hy die man se hande probeer wegklap, hoe die man my pa voor aan die hemp gryp en hom twee, drie houe op sy neus met sy voorkop slaan. Toe sien die man my in die kar, en ek het gekoes, maar dit was nie nodig nie, want hy het my pa laat los.
My pa kon terugskarrel na die kar toe, waar hy bewend gesit en snik het. Die bloed het van sy gesig afgesypel, oor sy hemp. Ons het so daar gesit, ek het glad nie geweet wat om te doen nie, tot my pa homself genoeg kon beheer dat hy die enjin kon aanskakel.

Uit die hoofstuk: Kokke
Maar ek wou eintlik vertel van die kokke. Ek sit nog so en eet en trommel met my vingers, toe kom een van hulle verby met drie van daardie groot bakke wat hulle vol kookwater maak om die kos warm te hou, en hy sit dit neer op my hand.
Daai bakke is nogal swaar. En drie van hulle is nog swaarder. So u kan verstaan toe ek die kok ’n bietjie vloek. Terwyl ek hom nog so vloek, toe dink ek al dis maar net ’n ongeluk, maar die kok, ’n groot fris een, kyk my aan asof ek iets is wat die hond gekots het.
Toe sê hy vir my: “Jy is mos die een wat sommer by generaals gaan klik.” Ek was uit die veld geslaan. Toe besef ek skielik: hy praat van my eie Private Memo’s aan Generaal.
“Waar hoor jy dit?” vra ek.
“By die luitenant,” sê hy.
Toe gaan daar ’n lig vir my op.
Nou alle kokke is nie moffies nie, maar die meeste kokke is dom. Ek staan op en ek vat hom om die skouer en ek vertel vir daai kok, hy moenie worry nie, sy ryspoeding is die beste wat ek nog geëet het, en ek praat nie net van die army nie. En ek gaan dit in my volgende brief aan die Generaal skryf. Miskien kry jy dan ’n stripe.
Jy moes daai kok se gesig gesien het, Generaal. Hy was so verlig. Ek wil ook nie klik nie, maar dat iemand wragtig sulke K.A.K. in sy kop kan sit. Hy het my hand gegryp en na my blou nael gekyk en hy wou net met alle geweld ’n pleister opsit. Toe sê ek dis net ’n nael, hy sal beter regkom sonder ’n pleister.
Maar ek moet u vertel van die luitenant. Miskien is dit klik, maar die waarheid moet uit.
Toe ek op die grens was, het ons eendag ’n horseshoe gegooi vir ’n klomp terries in wie se hinderlaag ons geloop het. Dis nou as die twee LMG’s wegbreek en agter om die terries se stellings ingaan sodat as hulle terugtrek na die hinderlaag hulle weer in ons hinderlaag inloop.
Ons het ’n paar van hulle gepos, maar ons besluit toe om agter die res ook aan te gaan. Na ’n paar uur draai ons toe weer terug, maar toe is die ander ouens weer terug.
Die ouens wat weer terug is, was almal lede van ’n seksie van ’n ander regiment, wat by ons seksie gegooi is toe die terries eendag ’n surprise attack op die depot gedoen het.
Ons kant het een man verloor. Sy naam was Haveman, soos myne, Haverman, maar sonder die R.
Dit was ook waar die mix-up ingekom het. Hulle stuur toe my naam sommer op die sitrep na hoofkwartier, en toe my ma haar weer kom kry staan daar ’n kapelaan voor haar deur.
Dit was ’n maand voor ek sou uitklaar. Ek sit daar in die bos en hier onder in die States is hulle besig om my te begrawe! Ek klaar uit, klim op die Flossie, hitch-hike van Waterkloof na Welkom, en ek kom in die middel van die nag daar aan.
My ma het gedink sy sien ’n spook. Sy het nog nooit so bang in haar lewe gelyk nie. Deur die venster kon ek sien hoe sy haar arms so om haar nightie slaan asof ek ’n vreemde man is. Sy wou my eers nie laat inkom nie.
Nou moet jy weet, Generaal. Daar sit ons in die kombuis en ek drink koffie, wat ek self moes maak, en sy kyk my so snaaks aan. Ek is bly om haar te sien, maar sy sit net daar.
Nou ek was miskien ’n wilde ou op my tyd. Ek het nie altyd reg gemaak met haar nie. Ek het my een meisie opgesteek om kaal in die huis rond te loop, is een ding wat ek nou sommer onthou. Daar was baie sulke goed, eintlik. Maar die army het my mooi reggeruk, en ek het gedink ek sou dit vir haar kom wys.
Toe ek in my kamer kom, was ek geskok. Die mure was skoon. Weg is my AC/DC-posters, my bike-prente wat ek geraam het, my wynsakke, die bierbottels op die prentelys. Daar was ’n tweede bed in, en altwee die beddens het sulke frilletjies-frilletjies dekens op gehad, met ’n wit bedkassie tussenin.
In ’n leë rak in die ingeboude kas was daar ’n foto in ’n raam van my, wat my pa geneem het toe ek uitgepasseer het. Toe ek naby kyk, sien ek my meisie is mooi uitgesny en met blou verf of iets doodgespuit.
Die res van die goed in my kaste was weg, my bokshandskoene, al my fiets se spurs. Daar was nou linne in, opgevoude lakens en handdoeke. Toe ek weer in die kombuis kom, sit sy daar met ’n sigaret. Ek het nie eens geweet sy het begin rook nie. Sy sê koel en kalm: Ek het jou fiets vir André gegee, dis nou een van my nefies.
Ek onthou my woorde goed. “Wil Ma hê ek moet loop. Ma moet vir my sê. As Ma wil hê ek moet loop, sal ek loop. Like a shot.”
Sy’t niks gesê nie, net so aan die asdrolle in die asbakkie gedruk, tot ek dit nie meer kon vat nie.
Toe het ek maar die Permanent Force gejoin. Ek weet nie of ek ’n PF sou geword het, ’n dienspligtige sou gebly het as dit nie vir my ma was nie. Partykeer sê ek aan die ander ouens my ma het my in die ding ingepraat, wat nie die waarheid is nie, want sy het net daar gesit en niks sê nie. Maar my hart was seer, generaal, my hart was bitter seer. Dis soos Siembamba, gooi hom in die sloot, en trap op sy kop.

Uit die hoofstuk: Tee en koekies
Hierdie seksie is gebaseer op 'n onderhoud wat Hans Pienaar met Francois Pienaar, 'n misdaadverslaggewer by Beeld, in the laat 1980s gedoen het
Wat het jou laat besluit om ’n joernalis te word?
Op skool het ek opstelle baie geniet, en ja, dit was vir my ’n manier om by mense uit te kom.
So jy het nie die joernalistiek ingegaan omdat jy ’n bepaalde politieke doelwit wou bereik nie.
Nee, glad nie. Dit was ’n kwessie van daar was baie onderdrukking gewees, mense het nie geweet wat gaan aan in die wêreld nie, hulle het nie geweet wat gaan in hulle eie land nie.
So jy het nou by bbbbbb begin. Maar bbbbbb is ’n regeringskoerant.
Dit was die enigste plek waar ek werk kon kry.
Jy het seker nou maar onder begin?
Ja, heel onder (lag). Kadet-verslaggewer, begin maar met onderskrifte vir foto’s en ek het allerhande klein storietjies gedoen.
En toe stuur hulle jou in die townships in?
Toe ek begin het... ek het op 1 Februarie begin. En die 2de Februarie was natuurlik... toe die ANC ontban word en so aan.
Sou jy sê dat een van die redes vir die gebrekkige kennis van die wêreld was dat hulle misdaadverslaggewers in die townships ingestuur het pleks van politieke verslaggewers?
Party van die misdaadverslaggewers was nie dom nie, hulle kon ook politiese goed in ’n sin geskryf het, hulle het ook gesien wat gebeur het daar, ons het baie onder mekaar gepraat daarvan. Die enigste probleem was dat hulle is meestal... het soort van meer regse oortuigings gehad. Die politiese ouens, ek dink nie dit sou enige doel gedien het om hulle in te stuur nie, want ... hulle skryf volgens ’n sekere lyn en wat hulle ook al in die townships sou gesien het sou hulle ... hulle maar net aanpas by hulle lyn.
OK. So vertel van jou eerste paar trips in die townships.
OK, omtrent hierso so, wanneer was dit, omtrent so April, Mei, toe kon ’n mens sien dat as gevolg van die feit dat die ANC ontban was, was alles baie meer oop. Toe’t ’n mens die eerste begin sien dat AK-47’s word baie meer genoem in berigte, hetsy in die townships of in rooftogte.
(In die verlede het die koerant voldoen aan die versoek van die veiligheidsmagte om nie sulke wapens in berigte te identifiseer nie, want dit sou die moreel van die bevolking afkraak.)
Die eerste keer toe ek ingegaan het, ek probeer onthou, was in Kagiso. Kagiso is ’n klein township naby Krugersdorp. Daar was groot probleme tussen die hostelbewoners wat Inkatha-mense was, en die inwoners van Kagiso self. ’n Mens kon toe al duidelik sien wat die skeidslyne was, die hostelbewoners teen die inwoners. ’n Mens kon sien daar was geweldig baie spanning, en dat dit net ’n kwessie van tyd was voordat dit sou uitbars.
Toe het ek teruggegaan en ’n berig geskryf, wel, hulle het ’n kop bokant die berig gesit: Burgeroorlog dreig. Ek het dit nou nie eintlik in daai sin bedoel nie, ek kan nie onthou presies wat ek gesê het nie, maar dit was iets tot dié effek...
Maar dit was nou nie so erg nie.
Dit was nog nie so erg nie. ’n Mens het gedink en gehoop miskien kon, ja, wie ook al kon nog die spanning ontlont, of iets doen aan die hostelle. Dit was baie duidelik vir my die hostelle was die probleem gewees.
Het dit jou verbaas dat niemand eintlik regtig belangstel om iets te doen aan die hostelle nie?
Ja, soos toe die volgende keer toe dit werklik uitgebars het was in Thokoza, waar daar omtrent drie of vier groot hostelle wat weer eens ook Inkatha-hostelle was... Die mense wat nie Inkatha was nie is uit die hostelle gedryf. En daar kon ’n mens sien die hostelle is besig om die brandpunt te word.
Maar die owerhede het nie belang gestel om iets binne die hostelle te doen nie?
Wel, nie wat ons kon sien nie. Ek was een keer in ’n hostel in Thokoza self gewees reg langs die Phola Park-plakkerkamp. Vroëer die oggend was daar ’n raid deur die polisie gewees kwansuis om wapens te kry en die plek te ontwapen. Ons het die middag daar ingegaan en ek het minstens sewe mense gesien en minstens vyf van hulle was gewapen gewees.
Sou jy sê daar was diskriminasie in die sin dat hulle die Inkatha-mense nie ontwapen het nie maar wel die ander mense, die inwoners?
Jaa, een stadium het hulle in Phola Park ook ’n raid gehou en ek het gesien hoe hulle tekere gaan in die plakkerskamp... Hulle het net ingegaan in die kamp en deure afgebreek en mense wat by die werk was, mense het sulke klein plakkershuisies, hulle het heel duidelik nie baie geld of enigiets nie, en hierdie ouens het net inbeweeg en as hulle ’n deur toegesluit gekry het, het hulle dit net afgebreek, sonder enige seremonie of enigiets. Maar OK, hulle moet seker hulle werk doen, maar soos dit op daardie stadium gelyk het, was die probleem nie in die plakkerskamp nie, dit was in die hostelle.
Phola Park was natuurlik een van die eerste groot brandpunte. Vertel ’n bietjie hoe het die situasie ontwikkel.
... Phola Park en die hostel se inwoners het, volgens wat mense vir my vertel het, nog altyd goed oor die weg gekom... behalwe nou vir die gewone kriminele probleempies van tyd tot tyd. Toe een aand het ’n inwoner van Phola Park ’n inwoner van die hostel doodgeskiet of doodgesteek tydens een van hierdie dobbelspeletjies. Die hostelinwoners het toe ’n revenge-aanval op die Phola Park-kamp uitgevoer... En toe het dit om die een of ander rede net ontplof.
In wedersydse aanvalle.
Nee, nee ... iets het in die hostel gebeur dat daar het toe ’n definitiewe strategie geloods is om nou te begin aanval, om nou ’n magsbasis of wat ook al te vestig in die hostel, en hulle moes eerstens die mense wat goed oor die weg kom met die plakkerskamp se mense, moes hulle uit die weg ruim. En daarna moes hulle ’n skrikbewind begin voer in die plakkerskamp self.
...
En bloot die feit dat die Inkatha-mense kon sien die polisie se simpatieë lê by hulle het hulle aangespoor.
Ja, ja. Na ’n ruk kon hulle in die hoofstraat afbeweeg met hulle tradisionele wapens, en die polisie sou hulle begelei het, hulle sou hulle nie probeer stop of hulle in ’n sekere area in kry nie. En van die polisiemanne het al gesê en hulle is op rekord, dat hulle gesê het dat dit gevaarlik was om die ouens te ontwapen.
Wat dink jy van daai stelling?
Wat myns insiens belaglik was. Want dit was in die eerste plek die polisie wat gesê het hoe hulle die mense in die hostelle ontwapen het, en nou ewe skielik kom hulle uit in groot getalle en hulle loop daar rond met hulle wapens. So dis heeltemal ’n smokescreen.
OK, nou vertel van die dag toe jy afgekom het op ’n klomp jeugdiges wat besig was om ’n man te verbrand. In watter stadium was dit?
Dit was omtrent middel Augustus gewees... en op daardie stadium was daar al ’n paar honderd mense dood. Ons het die middag in die kamp in Thokoza rondgery. Phola Park was ... redelik stillerig. Die geweld het ... al versprei oral oor Thokoza, Katlehong, Vosloorus... Ons het bietjie rondgery, ons was na die Rooms-Katolieke Kerk in Thokoza, ons het bietjie daar met mense gepraat, baie vrouens en kinders wat soontoe gevlug het.
Die middag omtrent so vyfuur is ons weer terug Phola Park toe om te kyk wat daar aangaan. Op pad soontoe het ons mense sien rondhardloop en al die inwoners in die strate het ... in een rigting gekyk. Ons het gestop en ek het vir die fotograaf gesê hy moet solank sy langlense uitkry ingeval daar iets gebeur. Ons kon nie behoorlik sien nie, want die gras was redelik hoog, omtrent so ’n meter en ’n half hoog.
Toe het ek besluit om om die veld te ry, na die agterkant, hopelik kon ons iets van daar af sien. En toe ons aan die bokant kom, het ons ’n klomp jeugdiges gesien wat iemand jaag... Ons het toe ’n entjie nader kom, het ons hierdie ou gesien brand. Eers het ons gedink dis die veld wat brand, maar toe dit opstaan, en die ou begin rondhardloop terwyl hy brand, ja, toe het ons onmiddellik ingejaag en die vlamme probeer blus.
Het jy bestuur?
Ja, ’n werkskar. Robbie, die fotograaf het die hele tyd foto’s geneem. En saam met my was daar ’n Sapa-joernalis, Raphael Banda, en ons het die vlamme uitgekry. Die ouens wat hom aangeval het, wat ek nie weet wie dit was nie, het... eee... teen daai tyd al verdwyn, en al wat toe oorgebly het was net die inwoners wat net soort van so ’n honderd meter van ons rondom ons gestaan en kyk het. Toe’t ons ’n ruk daar gewag, ’n Casspir het op die pad verby gery, maar ons nie gesien nie, ons het geskree en ons arms gewaai. Toe het ek in die kar gespring en Phola Park toe gejaag, toe was daar een polisieman daar in ’n bakkie, en hy het ons toe onmiddellik gevolg.
En toe?
Wel, toe het die oorsese pers natuurlik opgedaag, met hulle videokameras en so aan. Toe is ek terug kantoor toe. By die kantoor het hulle al klaar geweet, omdat Raphael dit al klaar oor sy telefoon deurgestuur het Sapa toe, en hulle het klaar gesê twee joernaliste het, ja, ’n man probeer red. Toe’s daar by die kantoor vir my aangesê om ’n persoonlike berig te skryf oor hoe ek dit ervaar het, hoe ek dit gesien het. En toe die foto’s nou uitgekom het, is daar nou beraadslaag of hulle die foto’s sou plaas of nie... (dis ’n) gesinskoerant, bla, bla, bla... ja, en ek het maar net voortgegaan om my berig te skryf. Hulle het dit heelwat gesny.
Is jy ontevrede met die snitte wat hulle aangebring het?
Ja, want ek het dit geskryf in ’n sekere... op die uiteinde het die berig uitgekom asof ek hierdie wit outjie wat nou vir die eerste keer uit ’n wit suburb in ’n swart suburb beland het, en dat ek soort van ek kan nie glo wat hier gebeur nie, dat die mense so barbaars kan wees nie...
En dis nie hoe jy gevoel het nie.
Nee, dis nie hoe ek gevoel het nie. Obviously was ek nou al baie in die townships gewees en in die tweede plek sien ek myself nie as ’n wit outjie in ’n wit suburb nie. Ek kom goed oor die weg met die mense in die townships wat ek ken, en ek sien hulle nie as barbaars nie. Maar ek besef daar is ’n oorlog aan die gang. Hy was maar ’n ongeval van die oorlog. ...
Jy kry toe nou wat hulle noem ’n picture byline op die voorblad, wat ’n taamlike rare ding is.
Ja ... en toe kry ek ’n oproep van llllllllllllll (’n assistent-redakteur), waarin hy my, ja, nie kan ophou om my geluk te wens oor die telefoon nie. Hy sê vir my ek het geskiedenis gemaak vandag. Ek weet nou nog nie watse geskiedenis dit was nie, maar in elk geval... Toe ek by die kantoor aankom, ja, almal wens mens net geluk, en ee, ja.
Hulle het jou geluk gewens met wat hulle gedink het is ’n heldedaad.
Ja, dit was, ja, soos later het vvvvvv ttttt (die nuusredakteur) vir my kom sê dat ons name is gestuur na F.W. (de Klerk) om vir Wollie Woltemade (die medalje vir dapperheid) in aanmerking te kom. Ons het nou blykbaar ’n groot ding gedoen, wat ek persoonlik nie eintlik dink so is nie. Ja, ... vandat ek die foto-bylyn gekry het, ja, toe’t mense se beskouing van my ’n bietjie verander...
Het jy jouself as ’n hero gesien?
Nee, glad nie, dis hoekom toe vvvvvvvv vvvv vir my sê van die Wollie Woltemade... toe het ek gelag, toe het ek ook vir hom gesê moet nou nie belaglik wees nie. Enigiemand sou dit gedoen het. In elk geval, wat vir my meer van ’n dinges was, was dat die berig wat geskryf het was nie presies soos ek dit wou gehad het nie. Dit was maar eintlik van die hele episode...
Het van die ander base jou geluk gewens?
... na so ’n week was daar die kennisgewingbord van die redaksie, het daar ’n brief van jjjjjjjjjjjjjjjjjj (die groep besturende direkteur) wat hulle nou op die kennisgewingbord gesit het waarin hy ons nou gelukwens met joernalistiek uit die boonste rakke, en bla, bla, bla. Dit was van die redaksiekant af die enigste...
Ja, wel, ek dink dit sê iets, want hy is mos die heel top ou. OK, en toe... het jy ook die gevoel gekry die nuusredakteur was gretig dat jy meer in die townships gaan en meer sulke stories kry?
Ja, vvvvvv was op daai stadium op verlof gewees, maar hy het my ook die oggend gebel en gesê, ja hy het met vreugde die koerant oopgemaak en... Ja, hy het my spesiaal gebel om my geluk te wens. Dinge tussen my en hom het lekker aangegaan. Ek dink hulle kon sien as iemand in ’n township moes ingestuur geword het, was ek soort van een van hulle... eerste keuses. Omdat ek nie eintlik ’n agenda of ’n, ja, agenda is die verkeerde woord. Ek het nie enige vooroordele gehad nie. As ek met wie ook al wou gesels, hostelbewoners of inwoners van die townships self, het ek dit gedoen. En ek was nie bang vir hulle gewees nie. Ek het hulle aanvaar as mense wat in ’n moerse probleem sit, in ’n moerse oorlog sit, en ek het dit so gesien.
...
Was jy skepties oor die jeugdiges en die ANC?
Ja, baie keer, ja. Dis net natuurlik. Die hele situasie in die townships, dit was absoluut chaoties gewees, daar was geen strukture of enigiets, as ek sê daar was ’n oorlog, die Inkatha-ouens, dit het gelyk asof hulle baie meer strategies baie beter beplan het, en so aan. Nou die outjies wat in die townships rondgehardloop het, hulle het maar net probeer verdedig en so aan.
Maar in daai groepe, want dis groot groepe jong outjies wat daar rondloop. Baie van hulle het ek al gesien. Outjies wat my al omring het, en twee duim van my staan die ou met sy spies en vra vir my spel “Madiba” (die bynaam vir Nelson Mandela) en hy vra vir my waar is my simpatieë, en dit was maar baie tense situasies, en ek kon sien dat baie van hulle, ja, hulle het net geen absoluut geen, daar was geen struktuur of enigiets vir hulle gewees nie. Hulle kon die volgende dag dood gewees het, dis so eenvoudig soos dit.
Daar was baie kriminele elemente onder hulle, definitief, maar soveel as wat ek dit sê, ja, ’n mens moet besef, die hele situasie in ’n township, met die Inkatha-impi’s wat op jou afstorm, dit veroorsaak ’n baie...
Daar is nie tyd om te wonder oor wat is nou die moreel korrekte ding om te doen nie.
Ja, ja, presies. ...
Daar was situasies gewees dat jy nou gedink het hierdie is jou laaste dag, of wat? Of was dit nooit so erg gewees nie?
Wel, daar was op stadiums, was dit rof. Soos ek sê, hierdie outjies wat ’n mens omring, dit sou so maklik gewees het vir hulle om my te gelem het, reg daar waar ek gestaan het. (Een aand) in Katlehong was ons vasgekeer. Groot gevegte en ons het toe by die polisiekantoor uitgekom en toe ons wou teruggaan, was al die strate afgeblokkeer, en al die ligte was af en ons het glad nie geweet waar ons is nie, en die outjies, as jy by ’n pad-, ’n blokkade kom, ’n versperring, is daar net niemand nie en ewe skielik is daar net hierdie groep mense om jou en hulle was baie, baie, baie, en dit het miskien net die verkeerde woord gevat en ons was nie meer daar nie. Maar oor die algemeen het ek gedink kan ek met die ouens praat.
En toe daarna, wat was die volgende voorval wat uitgestaan het?
Daar was die voorval, ja, van een dag, toe ons by Pholapark was, is vier ouens in die kamp self doodgeskiet, terwyl ons omtrent vyftig meter van die ingang van die kamp self was. Dit was nou ek en ’n fotograaf, Gavin...
Hoe is hulle dood?
Ja, dis toe nou die ding. Dis sulke groepies ouens wat van die hostel af gekom het. Die plakkerskamp en die hostel was reg teenaan mekaar. Om die hostel is daar omtrent ’n agtvoet-muur gewees. Die hostelinwoners het ’n gat gebreek in die muur en hulle het daardeur geklim en in die kamp inbeweeg en mense sommer net doodgeskiet.
Geskiet met AK-47’s.
Nee, dit was met pistole. Dan’t hulle weer teruggetrek in die hostel... Ons het binne tien minute na die skietvoorval die gat gekry waar die ouens vandaan gekom het. Daar was toe nog ’n ou met ’n rooi band om sy kop, ’n impi, wat aan die binnekant van die gat gestaan het, wat ons beveel het om weg te gaan. Hy’t gesê ons mag nie daar inkom nie en hy was heel duidelik dat hy nie sou skroom om ons te skiet nie ... en toe het ons maar verder in die kamp rondgeloop. ... Dit was omtrent so halfdrie, drie-uur die middag.
Toe’t ons weer in Thokoza rondgery, Rooms-Katolieke kerk toe gegaan, algemene goed gedoen, en net gekyk hoe dit in die township self gaan. Toe’s ons omtrent vyfuur, halfses weer terug na Pholapark toe. Ons het net buite die ingang gestop. Daar was baie min polisiemanne buite gewees, net twee Casspirs, wat omtrent tweehonderd meter van die ingang geparkeer was, op ’n sokkerveld. Terwyl ons daar was het ons weer skote gehoor, omtrent dertig meter van ons, in een van die stegies, ons kon nou obviously nie sien nie, want die plakkerskamp se stegies was maar baie nou.
Toe het ons weer ’n klomp skote gehoor, so sewe of agt. Ons’t gewonder of ons moes ingaan, maar teen daai tyd het dit begin donker word en met hierdie ouens wat rondhardloop daar en sommer net skiet, het ons besluit dit sal miskien wyser wees om die polisiemanne te gaan roep. Kar omgedraai, polisiemanne toe gejaag, die ouens het bo-op die Casspir gelê en soort van gekyk hoe die son ondergaan, en ons het hulle gesê daar is ’n skietery in die kamp en die ou het sy skouer soort van opgehaal en niks gedoen nie, geen poging aangewend om nou die kamp in te gaan of iets nie.
Ons het vir so ’n oomblikkie gesit en toe het Gavin weer vir hom gevra, wel gaan hy iets doen daaraan, toe het die ou net sy skouers opgehaal en sy kop geknik.
Was hy ’n konstabel gewees?
Nee, dit was ’n sersant. Toe besluit ons, oh, well, hierdie ouens gaan nou nie veel doen nie, toe besluit ons kom ons gaan maar self in. Ons het net die kar omgedraai, toe sien die ou die kameras, of ek weet nie wat hy gedink het nie, ek meen ons is wit outjies wat daar rondry, hy moes onmiddellik besef het ons is van die pers af. Maar in elk geval, toe ons ’n kilometer weg is, toe ewe skielik spring hy op en skree, wag, wag, ons moet hom nou gaan wys. Toe het ons die belaglike situasie, toe moet ons voor die Casspir die kamp inry om vir die polisiemanne te gaan wys waar die skietery was.
Hulle kon die skietery net so goed soos julle gehoor het?
Ja, ja, I mean, hulle was 200 meter agter ons gewees. Vroeër die middag, die voorval waar vier mense doodgeskiet is, was ek omtrent min of meer waar hulle toe geparkeer was en ek het die skote duidelik gehoor. So hulle moes dit gehoor het. In elk geval toe’s ons nou in, toe kry ons iemand, ja, ek dink dit was een of twee ouens, wat in die bors geskiet is, wat daar lê in die stegies. Gavin wou foto’s geneem het, en een van die konstabels het hom onmiddellik gekeer. Een van die joernaliste, iemand van ons het hom gevra, wie dink hulle is dit, hy het soort van gegrinnik en gesê: Dink vir jouself.
Wat dink jy het hy daarmee bedoel?
Wel, obviously, hy weet dis Inkatha. En dis die hostel.
Hy het gegrinnik?
Ja, ja, soort van, nie gegrinnik nie, maar soort van, ja, so ’n halwe glimlaggie. Alhoewel dis nou moeilik om die uitdrukking behoorlik te beskryf. Maar in elk geval, hy het ons toe weerhou daarvan om foto’s te neem, wat baie snaaks was...
Maar dit was ook onwettig. Hy het geen reg gehad...
Ja, hy het geen reg gehad nie en ons het dit vir hom gesê ook, en toe het hy baie... nie aggressief geraak nie, maar soort van... kwaad geraak en die hele tyd voor ons gaan staan sodat ons nou nie foto’s kan neem nie.
Hy’t julle verhinder in julle werk, in die uitvoering van julle pligte.
(lag). Ja, hy’t ons gekeer, om foto’s te neem. In elk geval, toe het hy nou ook gesê ons moet nou hier uitkom want dis gevaarlik, ons kan nie hier bly nie, want ouens skiet mekaar.
Maar julle was die ouens wat vir hulle gewys het waar die skietery was.
Ons was die ouens wat hulle gewys het waar die skietery was. In elk geval, toe’t ek teruggekom by die kantoor, toe die volgende dag, het ek dit vir Laetitia (my meisie) genoem, en Anton Steenkamp was op daai stadium by, ee, wat is dit, die eee Board of Re... Board of Inquiry into Informal Repression gewerk, en hy het my toe gebel ... hy het toe net gevra of ek ’n verklaring sal aflê oor hierdie goed wat ek gesien het.
Voor ons daar kom, toe jy nou daai aand by bbbbbbb aankom, wat het gebeur?
Toe’t ek ’n berig geskryf, en sover ek onthou het ek in ’n berig gesit van polisie-optrede, volgens my, was nie na wense gewees nie. Obviously moes ek versigtig gewees het, want ek het besef bbbbbbbgaan dit sny, maar ek moes dit probeer skryf sodat dit nog steeds uitkom dat hulle dit sal inlos, wat ’n netelige sakie is, want dis nie so maklik om te doen nie.
Wat was jou motivering gewees?
Dis wat ek gesien het.
Jy wou jou werk doen?
Dis wat ek gesien wat gebeur het en myns insiens was dit ’n flagrante voorbeeld van polisie eeemm...
Partydigheid.
Partydigheid, of noem dit wat jy wil. Ineffectiveness, of wat ookal.
Maar jy het ook gevoel... eem, ’n mens kan dit ook beskryf as voorbedagte ondoeltreffendheid.
Ja, ja. Hulle het geweet wat hulle doen, dit was nie net dat hulle swak dissipline... Dis hoe ek dit gesien het. Die punt is, ek en Gavin het die gat in die muur binne tien minute gekry, vandat ons daar aangekom het. Ons is joernaliste, ons ken nie Pholapark soos die polisiemanne sê hulle Pholapark ken nie. Dis hulle job om die hele plek te ken. ... Hulle ry daagliks daardeur. Ons het die plek binne tien minute gekry. Die punt is hulle het niemand na die eerste skietery die middag, het hulle niemand by daai (gat) gesit om te probeer verhinder dat mense weer deurkom, en mense doodskiet nie. Maar as dit nie (laggie)... absolute ondoeltreffende, of noem dit wat ’n mens wil, en ’n mens wil dit partydigheid noem. ... OK, toe het ek die berig geskryf, die berig het toe gegaan oor die geweld in die township, in Pholapark, waar ek nou obviously geskryf het oor die skietery vroeëer die middag. Toe het ek in ’n paragraaf geskryf van later die middag was daar ’n tweede voorval ...
...
... en toe’t ek die verklaring vir Anton Steenkamp gegee. Dit was vir die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, wat dokumente opgestel het oor polisie-partydigheid en polisie-optrede in die townships.
OK, en wat gebeur toe.
Anton het die verklaring geneem, en toe het ek maar aangegaan, en die geweld het maar aangegaan, ek het my job verder gedoen. Toe so vier weke daarna, kry ek eendag ’n oproep by die huis. Toe’s dit vvvvvvv, wat highly die moer in is, en hy vra vir my, die eerste vraag wat hy vir my vra is, en hy was redelik onbeskof, vra hy vir my, het ek ’n verklaring vir die ANC gegee, dit was sy eerste vraag. Toe sê ek nee, ek het nie ’n verklaring vir die ANC gegee nie, want ek het nie.
Toe sê hy in elk geval, ja, ek moet nou onmiddellik inkom, ja, ek moet met hom kom gesels. Toe ek by die kantoor aankom, toe’s hy, ja, hy sê toe ook vir my hy’s bitterlik teleurgestel in my... (lag) en hy vra vir my weet jy watse drama dit veroorsaak het, of wat ookal en bla, bla, bla. Toe kom dit uit dat blykbaar het die SARK se dokument voor F.W. beland, en F.W. wou toe onmiddellik weet wie is hierdie joernalis?
F.W. self?
Dis wat ek gehoor het.
By wie het jy gehoor?
Dit was eeem, ek is nou nie heeltemal seker of ek dit by vvvvvv gehoor het nie en of ek dit maar deur die grapevine gehoor het het nie. In elk geval, blykbaar het dit toe na (Minister van Wet en Orde Adriaan) Vlok toe gegaan en jjjjjjjj (die groep besturende direkteur), Vlok het by hom aanmekaar gespring. Want dit was blykbaar, maar dis miskien ook grapevine-stories, blykbaar die eerste keer dat dit gebeur het dat ’n Afrikaanse joernalis van ’n verklaring kan lewer wat moontlik implikasies vir die polisie en bla bla, en so aan.
Maar in elk geval, ek het my nie veel daaraan gesteur nie. En dit was toe vir my nog ’n interessante ding wat vvvvvvv toe vir my sê. Hy’t vir my gesê, as jy so sterk daaroor gevoel het, hoekom het ek dit nie vir die redakteur gaan sê nie, en dan kon ons dit miskien agter die skerms probeer besleg het.
Maar dit sou steeds nie gepubliseer word nie.
Ja ... en toe het dit van daar af begin. Die polisie wou my sien, en hulle wou toe hê ek moes my eie verklaring, want ek het die verklaring aan Anton, oor die telefoon gegee, m.a.w. ek het nie geteken of iets nie...
Toe’s ons na die polisie, toe’s ek beveel om eendag na brig. Blikkies Blignaut...
Wat bedoel jy met beveel?
Wel, die nuuusredakteur, het my...
...aangesê om...
...aangesê om polisie toe te gaan. Ek het maar gegaan, by Blignaut aangekom, en hy het my so uitgekyk en so ’n rukkie gesels oor soort van, ja, myself voorgestel aan... toe ewe skielik sê Blignaut, het jy ’n tape in jou sak. Baie suspicious (albei lag). Wat vir my ook baie interessant was, hoekom sou hy nou gepla wees of ek nou ’n tape in my sak het. Toe sê ek vir hom nee, en toe maak ek my sakke oop vir hom, toe smile hy net so...
(Wat het hy jou oor jouself gevra?)
... hy wou ’n bietjie van my agtergrond weet, en ek het gesê Menlopark (Hoërskool, een van die voorste Afrikaanse skole in die land – uitgewer), bla, bla, bla, en ek kon sien, ek kan amper onthou hy het gesê nou hoe het ek in hierdie ding beland, betekenende hoe kan ek nou ’n verklaring vir die ANC gee. In elk geval, toe’t ons gesels en toe’t hy vir my gevra of ek Anton se verklaring sal kom beëedig, en of ek ’n nuwe verklaring sal skryf. Toe sê ek dat um, wel, Anton se verklaring is soos dit is myns insiens korrek...
Het hy jou gevra of jy dit sal beëedig?
Ja, hy het my gevra, of ek het toe self voorgestel dat ek uit my eie uit my eie verklaring skrywe en dit dan teken, en that’s it, en dis dan die einde van die storie. ...
En toe?
Toe’t ek gesê ja sekerlik ek sal ’n verklarinkie skryf en toe’s ek terug werk toe en ek het toe my eie verklaring geskryf en geteken en dit vir hulle gevat. Toe na ’n ruk, ek weet nie hoe lank dit was nie, toe’s ek weer ingeroep na vvvvvv toe, waar hulle toe vir my gesê het, nee, hierdie keer moet ek saam met ’n assistent-redakteur moet ek nou na die polisie toe gaan, ons gaan nou ’n bietjie tee en koekies drink, saam met die generaal, die generaal gaan ook hierdie keer by wees. Dis nou generaal Ronnie Van der Westhuizen.
Dis die selfde ou wat later afgetree het en later daarvan beskuldig is dat hy deelgeneem het aan ’n cover-up in die Mitchell-saak (waarin ’n polisiekaptein ter dood veroordeel is nadat hy 14 inwoners van die Trust Feed-skema vermoor het en toe die skuld op die United Democratic Front gepak het).
Dis reg, ja. Ek het toe saam met aaaaaaaa gegaan. Ek glo nie hy’t eintlik presies geweet waaroor dit alles gaan nie. Hy was redelik, jy weet, sy hele houding was ag laat hy nou maar net hierdie shit uit die weg kry. ... Daar aangekom het ons nou daar gesit, die generaal, brigadier Blikkies, een of ander luitenant, ook van polisiehoofkantoor in Pretoria ... hy het notas geneem die hele tyd.
En toe ... hulle wou toe vir my sê hoeveel polisiemanne was in die plek gewees en hoeveel polisiemanne het die plek gecover. ... In elk geval, toe het ons ’n lekker gesprek oor tee en koekies ... Ronnie van der Westhuizen was redelik stil die heeltyd, hy het my net stip aangekyk die heeltyd... Blikkies Blignaut het weer eens die meeste van die praatwerk gedoen en daar was baie soort van rugklappery-tipe praatjies.
Een interessante ding wat ek wel onthou is dat, ek dink dit was Van der Westhuizen of Blignaut wat gesê het, ja hierdie ding gaan ons omdraai, betekenende hierdie hele episode wil hulle omdraai en tot hulle eie voordeel gebruik.
Het hy dit voor jou gesê?
Ja.
Dink jy hy het dit gesê omdat hy toe gedink het jy’s ’n goeie Boerseun en jy’s eintlik aan hulle kant?
Want op daai stadium, OK ek het hierdie knack om maar heel stil en gedweë en what have you daar te sit...
Soos ’n goeie Boerseun?
Ja, soos ’n goeie Boerseun (lag), wat ek dink hulle toe ’n bietjie geflous het.
Maar jy het dit nou nie doelbewus gedoen nie. Dis hoe jy grootgemaak is.
Ja, ek meen, wat kan ek nou sê. Hulle wil teen wil en dank iets doen aan die hele ding, ek het geen saak daarmee nie. Dit is my verklaring en ek het vir hulle gesê dis my verklaring. Ek het geen probleem met wat hulle verder wil doen nie....
So ’n mens kan sê hulle is geflous deur hulle eie tee en koekies?
Ja, ja. In elk geval toe, na ’n rukkie toe het ons almal mooi gesels of wat ookal toe vra hulle vir my sal ek nou weer ’n verklaring skryf. Toe sê ek maar ja, well...
Dis toe nou jou derde verklaring.
Ja, dis nou die derde verklaring. Toe sê ek wel, OK sure, laat ek nou nog ’n verklaring skryf, jy weet. Maar hierdie keer het die luitenant, toe’s ek en die luitenant na ’n kantoortjie langsaan, terwyl hulle aangaan met hulle tee en koekies, toe’s ek en hy langsaan na ’n kantoor toe waar die luitenant toe die verklaring begin skryf.
En ek moes toe nou net daar sit, en nou skryf hy, en dan lees hy vir my voor, en dan vra hy is dit nou korrek, en op daai stadium wou ek nie baklei daaroor of enigiets nie, op daai stadium het ek geweet ek gaan nie daardie verklaring teken nie. So al wat ek basies wou gedoen het was om daar uit te kom. Ek wou nie meer daar sit nie en tande tel nie. In elk geval, toe skryf hy die verklaring en toe hy dit klaar geskryf het toe sê ek vir hom, nee, wel, ek wil dit nou eers vir my regsverteenwoordiger vat.
Toe kyk die ou my met sulke groot oë aan, waar kom ek nou vandaan, dis nou die eerste keer dat ek dit noem, dat ek ’n regsverteenwoordiger wil spreek. In elk geval, toe’s hy redelik ontsteld, maar toe besef hy hy kan nou niks daaraan doen nie, toe’s hy ook baie inskiklik en sê nee, nee, dis jou volle reg om ’n regsverteenwoordiger te spreek, en so aan, maar hy wou eintlik vir my sê dink jy nou dis regtig nodig.
Maar, uum, die verklaring was baie duidelik gemik daarop om later as daar ’n ondersoek of as dit in ’n hof gekom het wou hulle my in ’n hoek gedryf het...
...om die een verklaring teen die ander af te speel.
Ja, ja, en ek het dit darem gesien, en dis toe dat ek vir hom sê, nee ek wil nie nou teken nie...
Hoekom sê jy so?
Dat hulle die verklarings teen mekaar wou afspeel? Want toe ons in die kantoor gesit het, het baie baie van die gesprek gegaan oor die bewoording van die verklaring. Hulle het baie, baie aandag gegee aan die bewoording van die verklaring wat ek geskryf het, en...
Nie aan die feite nie, maar die bewoording.
Ja, nie die feite nie, die feite was soort van bysaak, dit het alles gegaan oor die bewoording. ...
Later het ek toe nie die verklaring geteken nie. En hulle het op my gesit, Blikkies Blignaut het my soort van elke dag aan die begin gebel en my gevra waar is die verklaring en ek het maar net gesê ek het nog nie my regsverteenwoordiger gesien nie. Dit was ’n bietjie, ja, stout van my, ek moes toe sommer toe al vir hulle gesê het, nee, well, sorry, maar om een of ander, noem dit wat jy wil, perverse rede het ek hulle langer aan ’n toutjie gehou. In elk geval, ek het die verklaring toe nooit geteken nie, en ek het toe nooit weer iets van hulle gehoor nie.
En sê my, het hulle in enige stadium probeer om die mense wat saam met jou was te ondervra?
Ek het hulle name en alles in die verklaring gesit. Tot vandag is nie een van die twee, en ek werk vandag saam met Raphael Banda, ek sien hom elke dag, en hy is nog nooit genader nie, en Gavin bly langs my, en hy is ook nog nooit genader nie. So dis heel definitief dat hulle geen poging aangewend het om nou werklik agter wat daar gebeur het, te kom nie. En ek het ook vir hulle gevra, toe het die ou vir my gesê nee, hulle sal nog later, sal hulle by hulle uitkom.
En terwyl hulle nog gewag het dat jy jou verklaring teken, het (Adriaan) Vlok (Minister van Wet en Orde) sy verklaring gemaak waarin hy gesê het geeneen van die gevalle wat Anton-hulle genoem het, was waar gewees nie.
Ja, daar was, Vlok het maar weer met een van sy... heavy toesprake gekom en gesê dit is alles propaganda teen die Suid-Afrikaanse polisie...
En wat gebeur toe by bbbbbb ?
Van toe af het dinge by bbbbbb drasties verander. In daai stadium was ons merietebeoordelings ook in, en al hierdie dinge het gebeur nou net voor die verhogings gekom het. En vvvvvvv het gedreig ook op ’n stadium om die redakteur te gaan vra om my verhoging terug te trek, want ek het toe blykbaar ’n A, of wat ookal, merieteverhoging gekry, wat nou die hoogste is wat jy kan kry. Op die aanslag het hy ook gesê ja ek is een van sy sterker joernaliste, ek het baie goed gedoen, bla, bla, bla. Binne twee maande het dinge verander, hy wou my verhoging terugtrek, en dit het al hoe duideliker geraak dat hy nie meer omgee wat ek doen nie...
...
Nota van uitgewer: Die Wolraad Woltemade-medalje vir dapperheid is toe nooit aan Francois Pienaar toegeken nie. (Wolraad Woltemade was ’n Kaapse melkboer wat in 1773 telkens die see met sy perd ingery het om 14 skipbreukelinge van De Jonge Thomas te red. Hy het self omgekom.)
Uit die seksie Addendum B: Die wel en wee van lewenslange oud-kaptein Rex S de Vlieg
KAARTJIE EEN:
Tekening: ’n Koepelagtige daklig omring deur plafonpatrone wat ingewikkeld na onder spiraal. Onder hou twee sterk arms, bultend van die spiere ’n stel gewigte met ’n hele klomp gewigwiele omhoog.
Ballon na oud-kapt. Rex S. De Vlieg, van wie net sy kuif en neus bokant die onderste lyn uitsteek: Ek is net effens duiselig van die oefening. Die patrone van die plafon beteken niks anders as ’n bloudruk van die vorteks van kragte waaraan ons oorgelewer is.
Tweede ballon: Hoe verlang ek nie na die dae toe gewigoptel nog onskuldig was, en nie deel van ’n program waarin ek myself moet opoffer om die mensdom self te red nie!!?
Derde ballon: Hoe verlang ek nie na die dae toe ’n eenvoudige redding, soos ’n brandende man voor ’n skare, genoeg was om roem te verseker, en my gewete te stil nie!!!
KAARTJIE TWEE:
Oud-kapt. Rex S. de Vlieg sit regop op die bank in die gimnasium, waarvan die toerusting ’n mens in die agtergrond kan sien. Hy lyk somber en ingedagte.
Eerste ballon: Ek moet nou oorgaan tot my daaglikse kommunikasiesessie met myself. ’n Halfuur van meditasie oor wat van my ouers geword het, en waarom hulle my in ’n papiersak op die steenkoolwerf van ’n stasie in Wes-Transvaal agtergelaat het, sal my kop skoonvee en voorberei vir die dag se werk?!
Tweede ballon: Waar is julle, liewe ouers? Kan ons oor die vortekse en spirale van tyd en afstand met mekaar kontak maak!? Sal julle my toelaat om julle te vergewe, mits julle my kan sê waarom julle my op hierdie aardbol gelaat het!? Wat is julle telefoonnommer???
KAARTJIE DRIE:
Oud-kapt. Rex S. de Vlieg gooi sy arms in die lug en die wiele van die gewigte vlieg rond en breek ’n antieke Chinese vaas in die hoek. Op sy leotard kan ’n mens nou sy logo sien: RSA. (RSA staan vir Rex S. de Arend, oud-kapt. Rex S. de Vlieg se skuilnaam.)
Eerste Ballon: Weg met introspeksie, weg met bepeinsing van die gegewe! Weg met depressie en neurose!! Wat ek en die mensdom nou nodig het, is aksie!!!
Tweede ballon: Hoewel daaglikse meditasie noodsaaklik is om my Oedipus-kompleks in toom te hou, skep dit depressie en swartgalligheid. Dit is die monster wat die staatsdiens en daarom ook die Suid-Afrikaner bedreig. Met aksie kry jy nie net dinge reg nie, jy is ook op ’n propagandistiese sending vir die verhoging van moreel!!!
KAARTJIE VIER:
Oud-kapt. Rex S. de Vlieg gryp ’n handradio, druk die praatknoppie en bestel ’n helikopter. Hy kyk skuins op deur die venster na buite waardeur ’n mens reeds ’n stel rotors kan sien.
Eerste ballon: Hoewel dit baie van die belastingbetaler se geld opslurp, is dit noodsaaklik dat ’n stryder teen ongeregtigheid spitsverkeer ontduik. Nie net mors dit tyd nie, maar so gou na ’n terapiesessie dwing dit allerlei donker gedagtes op my af...
KAARTJIE VYF:
Oud-kapt. Rex S. de Vlieg land op die dak van ’n gebou. Hy hardloop buk-buk soos ’n luiperd onder die rotors uit. In die hoek hardloop ’n paar mans met klapmusse en gewere onder nog rotors uit, hul liggame rats en lenig, ook soos dié van luiperds.
Eerste ballon: Dis goed vir my beeld dat ek met die Instituut vir die Bevordering van Verhoudinge se manne hier aankom. Dis net jammer ons kan die vereistes van geheimhouding nie verbreek deur ’n videospan ook hier te hê nie, maar dit is ’n prys wat ek nie huiwer om te betaal vir die oorlewing van my land nie!!!
KAARTJIE SES:
Oud-kapt. Rex S. de Vlieg praat in die hysbak met een van die Instituut vir die Bevordering van Verhoudinge se manne. Dié hou sy mond agter sy hand en staan in ’n knipoog-houding teenoor oud-kapt. Rex S. de Arend.
Eerste Ballon: So, Tex, waar kom julle nou vandaan??
Tweede Ballon: Eskort-diens!!!
Derde Ballon: Jy bedoel julle het demonstrasies gelewer aan die dametjies wat sekere partye moet infiltreer en hulle dan of moet afpers of hul moet kompromitteer met onthullings in die pers wat optimaal gemanipuleer is deur goedgesindes teenoor ons op redaksies??
Vierde Ballon: Nee, ons was in ’n plakkerskamp saam met ’n impi.