Inhoudsopgawe
Lank leef
Die nuwe keiser (Uitverkorene, Dienaar, Au clair de la lune)
Ete in die burokratiese hoofstad
Die tyd is ryp vir die revolusie
Kraaie in die bome
Bomme oor Bagdad (Boord, Geliefde, Slaggate, Boesem, Bakeliet, Edenode, Langeraat, Dit was toe nie, Hals)
Tweeduisend-en-vier
I: 2004 (Esels, Babel, Graffiti, Kop-af, Papiervliegtuig, Palissade, Dialoog, Ondier, Kamele, Sfere, Sand, Statig,
Vredesnaam)
II: 1984 (Kosmos, Te voet, Mol, Veld, Betrap, Kompak, Blinkpad, Al wat tel, Vlooimark, Tier, Haaks, Grond, Pilare)
Nuwe kanonne
Die smarte van empire
Tombe-taal
Noors (Oslomities, Vigelied, Lofotensang, Tromsolo)
Prozac Dreams
Gedeeltelike sonsverduistering
Yokohaikoe
Sewe figure uit die empire (Krieketspeler, Kernwetenskaplike, Vigsoorlewende, Onthoofde man, One-arm bandit,
Subredakteur, Temmer)
Mirabeau
Koninkryk van dooie tyd
Maaglandskap
.
Uit Die nuwe keiser: II: Dienaar
Hy kyk na skaduwees soos ’n skerpioen
na stene. In skaars momente verskyn sy siele
een vir een, sonder skakels deur ’n visioen
verskaf. Die bebloede asse van die wiele
onderaan die masjien is sy kontrei. Of dalk
die binneste ribbe van die kas, die klop
in die are waar die naald steek in die kalk
lank ná die gebrokenes se laaste skop.
Wette van herkenning geld in sy woestyn
net anderkant die aandklokreël en strak
word by nou ruimtes gehou. Die bewussyn
van ’n slinkse roerloosheid as skuilplek.
Rapporte verander vinnig van gedaante
en steek steeds weg wat hul vernietig.
Onbekend is gevoelens soos ’n skaamte
in die skemer, en dikwels verdrietig.
Dolke breek uit sy moue, flits boodskappe
in die maanlig. Die klankgrens
word in toom gehou. Wat is die dood
sonder bymotiewe? Sy geheime wens.
Wat is dit wat hy in sy mond kan voel?
Bloeding? Die smaakloosheid van linne?
Is dit sy vinger afgedruk op die koel
wil wat na buite dring van binne?
Dis hy wat gesluier gaan, dus
Is hy die keiser se spioen
III: Au clair de la lune
Dis vir die glorie van haar eie gewin
dat sy haar oor alle einders sprei
en die skares nooi om langer te besin
oor waar die wet van intimiteite lei.
Dis die gewone man wat so sag regeer
en tog haar boesem bult, die tepel
punt vir punt beskryf, bestudeer
met sy briewemes, tong in die lepel
se vaginale holte gekrul. Op sy plek
is elke skaamhaar, asof deur magnete
ontplooi soos vylsels. Asof natgelek.
Kalklig stroom uit al haar splete.
Haar lippe is voor die hof gedaag.
Die parabole van haar funksies moet
die toets van deursigtighede slaag.
Haar hart sal in kamers sonder bloed
en mure moet wag. Ander ekskreta
in deeglike distillasies, en suiwer.
Aandag gewy aan die kleinste minutiae
as die soeklig oor haar borste huiwer.
Is sy altyd engelagtig skoon? Is mag
openheid, of dat spieëls haar aanbid,
onvoorwaardelik? Word die slag versag
as sy so stil op haar troon bly sit?
Deur alles bly sy onbemin
Is dus die keiserlike gesellin
Kraaie in die bome
September, 2001
Die mafia het reeds die vragbote met die rommel uit die ruïnes afgekeer
na ’n geheime kaai. Dis business as usual; hulle is maar net die eerste.
Afgeskeurde vingers in die verkrummelde beton is soos die ou dae.
New York. New York.
Kraaie in die bome.
Harte treur oor New York.
Die spekulante het reeds die volgende dag al vyftien verdiepings
in ’n hotel gaan betrek. Wall Street val soos ’n gebou, trek homself
weer op soos ’n straler wat steeds weet hoe om die wolke te klim.
New York. New York.
Kraaie in die bome.
Harte treur oor New York.
In Chinatown het die sweat shops reeds werkers afgedank. Die polisie
jaag hulle van die sypaadjies af. Arabiese gesigte skuil in hul jasse
se krae. Sopkombuise soek vreemde name in hul lyste van donateurs.
New York. New York.
Kraaie in die bome.
Harte treur oor New York.
Die Stars en Stripes het reeds oral uitgebars, soos sakdoeke uit
’n towenaar se sak. Soos laas op 4 Julie. Patriotte verf hul huise
blou en rooi. Vlagverkopers het reeds hul eerste killing gemaak.
New York. New York.
Kraaie in die bome.
Harte treur oor New York.
Die burgemeester wil reeds nog ’n termyn aanbly. Hy beloof
aan elke familie van ’n slagoffer ’n urn vol rommel uit die ruïnes.
Konkelaars dra grond aan uit opgrawings oorkant die Hudson.
New York. New York.
Kraaie in die bome.
Harte treur oor New York.
Sielkundiges het reeds internetprogramme opgestel. Inwoners
staan tou vir boeke oor coping mechanisms. Verslaggewers huil
en kan nie verder dink as: Deadlines, die polisie span reeds deadlines.
New York. New York.
Kraaie in die bome.
Harte treur oor New York.
Noodwerkers gaan reeds hul scenario’s deur, die lesse geleer
uit die vorige gesamentlike oefening met die magte. Uit drome
geplant deur jare se lewensgetroue rampfilms en televisiereekse.
New York. New York.
Kraaie in die bome.
Harte treur oor New York.
Reeds stof die filosowe ou en nuwe frases af, soos die dekadensie
van die demokrasie, linkse aasdiere wat op gelykhede teer, paradigmaverskuiwings,
soos tektoniese plate onder die water, onder die water.
New York. New York.
Kraaie in die bome.
Harte treur oor New York.
Reeds het die wêreld niks verander nie. Rekenaarspeletjies bevat lankal
al die voorspellings. Die vliegtuigdraers is al jare gereed met hul duisende
der duisende staflede vir die roetinewraak, die spesiale roetineklopjagte.
New York. New York.
Kraaie in die bome.
Harte treur oor New York.
Reeds is die betekenisloosheid besig om terug te groei, soos geïgnoreerde
wandelende jode. Reeds staan die toue gedweë by lughawens, padblokkades,
banke om deursoek te word. Reeds haal ons ons skouers op, en glimlag wrang.

Uit Bomme oor Bagdad: III: Slaggate
Soos ’n hoop vol outydse bomme (uit Tintin,
ou tydskrifte oor anargiste, piramides voor
slawekastele) lê die granate in die gekantelde
stootwaens in Bagdad se strate. Tossels twyge
punt soos lonte. Die smous breek een oop,
hou die korrels uit, wedywer met die bokkaas
aangebied aan die skares op ’n mes met flou
beloftes glimmend in sy halfmaan. Half-dood
mense: Koop my ou kalashnikov! Die olyfgroen
houer vir mosterdgas. Vrees dwaal, lag verleë.
Ons soek net vrede. Die skrik van Al Mariye
(waar mense verdamp het, skraapsels velle
teen die mure, ’n vloer verkleur deur bloed)
in die agterkoppe: Die son straal oor geraamtes
van staal uit die beton geruk. Die slaggate
van missiele is ronder as die rondste granate.

Uit Bomme oor Bagdad: V: Bakeliet
Ons moet wag agter die hotel
se sentrale, outyds soos alles
die houtbord en koper kabels
en die helper wat minute tel.
Skielik is jy so ver, oor oseane
en woestyne, woude, riviere.
en die dae raak te veel, ure
sit verstop in die leë krane.
In wie se arms lê jy, beminde?
Sal die foon jou kan wegruk
uit jou sluimer, of skud nuus
van bomme jou al minder?
Hul gee ons snye granatekoek
en ons eet klapmond sonder
dat ons redes vir die wonder
van gebak in gebrek wil soek.
Huwelike word steeds voltrek
in die voorportaal met offers
van geld en ’n lang gesprek
oor die inhoud van ou koffers.
Ons sal op vlug gaan, ek en jy.
Ontsnap in jou bed. Roetes
met ompaaie en onder groetes
deur sal hiertoe lei: Bly by my.
My beurt met die bakeliet
breek aan. Ek kry die krapgesuis
wat sê: My boodskap
kom uit ruïnes van die niet.
se sentrale, outyds soos alles
die houtbord en koper kabels
en die helper wat minute tel.
Skielik is jy so ver, oor oseane
en woestyne, woude, riviere.
en die dae raak te veel, ure
sit verstop in die leë krane.
In wie se arms lê jy, beminde?
Sal die foon jou kan wegruk
uit jou sluimer, of skud nuus
van bomme jou al minder?
Hul gee ons snye granatekoek
en ons eet klapmond sonder
dat ons redes vir die wonder
van gebak in gebrek wil soek.
Huwelike word steeds voltrek
in die voorportaal met offers
van geld en ’n lang gesprek
oor die inhoud van ou koffers.
Ons sal op vlug gaan, ek en jy.
Ontsnap in jou bed. Roetes
met ompaaie en onder groetes
deur sal hiertoe lei: Bly by my.
My beurt met die bakeliet
breek aan. Ek kry die krapgesuis
wat sê: My boodskap
kom uit ruïnes van die niet.
Uit Die smarte van empire
.....
Terreur word beheer soos veldbrande
en tussen die skerwe van ontploffings
prewel leiers oor hul afgekapte hande
en die waarde van mense se opofferings.
Soos die dag se weer op kaarte in koerante
bring die nuus die jongste lys van lotelinge
van die noodlot met sy altyd amusante
galery van doodgewone verstotelinge.
Flagellante van mekaar in ’n spektakel
van pyn en lywe opgekap en afgetakel
is terroris en polisie uit een stuk gekerf.
Luitenante ontplooi hul in dieselfde strate
en hits hul fanaties op tot desperate
oortuiging: Hul sal ook belangrik sterf.

Later jare sal die ryk se uitverkorenes
hul seëninge en gemodifiseerde gene
in die suiwer bloed van eersgeborenes
tel. Die regering van die algemene
belang en gedrang sal gaan oor sapiens
sapiens en hoe in ’n heelal van gebrek
ons sorg vir oorlewing van die mens.
In verrinneweerde woude en gestrek
oor megaplakkerstede sal die misrook
dryf waarin goddelike gedaantes spook
om groter aanhang onder die afvalliges.
En so sal ons aanbid word, die helde
wat die aarde nog moet red en selde
iets kan doen vir sy armsaliges.
hul seëninge en gemodifiseerde gene
in die suiwer bloed van eersgeborenes
tel. Die regering van die algemene
belang en gedrang sal gaan oor sapiens
sapiens en hoe in ’n heelal van gebrek
ons sorg vir oorlewing van die mens.
In verrinneweerde woude en gestrek
oor megaplakkerstede sal die misrook
dryf waarin goddelike gedaantes spook
om groter aanhang onder die afvalliges.
En so sal ons aanbid word, die helde
wat die aarde nog moet red en selde
iets kan doen vir sy armsaliges.
Uit Sewe figure uit die empire: III: Vigsoorlewende
My liggaam is stief
behandel, gesening en gelas om een
spreuk te pas: wees positief. Ongeluk
is, die virus raak nou al immuun
teen beskuldigings. Opsies al minder.
Oorlog uit die mode. Onderhandelinge
futloos. Hy speel saam, is inbreker
wat besluit het hy gaan aanbly. Maar,
vrees nie, ek hou hom tuis, voer hom
in die kombuis. Lees vir hom voor
aan tafel: ’n sellulêre klagstaat
sonder end. Miskien sal hy dit tog
kan insien: my liggaam is sy tronk,
hy my vergete dief.
Uit Noors: III: Lofotensang
Lofoten-eilande, Arktiese See
Die dalende vrou is geen Duchamps portret
en glad nie naak, hoogstens ’n found object
skommelend op die Hurtigruten. ’n Blonde
beeltenis in ragfyn koord en ongeskonde
poppedele giroskopelend aan die balustrade.
Behoort sy haar tog te ontklee? Vir dié op reis
in die posboot is so iets dalk hoog op prys
te stel. Of is dit genoeg, die sensuele skimp
in die toergids? Hier waar die seemyle krimp
as jy hul meet en pas op die arktiese kaarte
en alles skipbreuk ly in mitiese kolke
en verwarde taferele opgetower uit wolke
ione. Drome beloftes van die onmoontlike,
verlangens gesus op elk se persoonlike
silwerdoek soos miljoene spikkels ys.
En so word niks gevra, en niks geprys. Eers
wanneer die posboot land, en sneeu kners
onder jou stewel kom die besef: Dalk volg
jy in uitgetrapte spore, al is hul verborg
in eeue se reën en mis en lae ewige grys.
Warm lywe sou kon wag op jou. Soos aangeteken
deur kapteins, in somber kajuite omgereken
tot sobere verslae: Water klem alles in sy korste
maar in knusse hutte is die melkwit borste
ruim vir die see se nuwe werpsel vreemdelinge.
Stapels pelse glinster in die olielig, jou hande
glip daarvan af, gly soos ski’s oor verre lande
van die verbeelding, nattighede lei jou vingers
oor versteekte dye, en valleie waar indringers
gul geheet word soos ’n kerk vol bekeerlinge.
’n Bootsklok lui. Jy moet terug. In ’n dubbeldoor
venster vang die rye esels jou oog. ’n Hele stoor
vol doeke geskilder in soveel style soos woorde
vir sneeu. Van berge en bleek lugte uit ’n Noorde
sonder hoop. Eentonigheid is die ewige mode
en die brein se anker in die lofotensloof.
Ontdekkers in hul sewemaandegrotte verdoof
deur die lug se kokaïen. Onder die meedoënlose
gewag op ontberinge deur die eiland se uitverkose
oorlewendes, verflou sinnelikheid tot gebede.
Die posboot gly weer uit die hawe. Motore dreun,
wring en verdring die staal en balk se liefdeskreun
as brug en boeg teen wind en deining beur.
Skryf in die kantlyn (opvolgskets): Ná die sleur
van nog ’n dag in vredige veiligheid gesuspendeer
en net in dorre drome naak, bestyg sy weer
reling vir reling die leë dekke van genade.