SKU:
$10.00
$10.00
Unavailable
per item
Chaos, gister en vandag - komplotte in die polisie, onskuldiges in die selle, brandende padblokkades... hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. Gelukkig is Superman daar om ons te red. Maar wie is hy? En bestaan hy regtig? Hans Pienaar se maakselhandel oor 'n man wat sy kop verloor wanneer ‘n boom tydens ‘n storm op sy studeerkamer val en sy navorsing oor Superman vernietig. Hy probeer chaosteorie inspan om sin te maak van die oorblywende gemors uit sy verlede. In die proses herontdek hy ou briewe, verhandelings, kortverhale, memoranda, droomanalises en onderhoude. Superman bly hom ontglip, maar vind wel vir Clark Kent, ‘n misdaadverslaggewer aan ‘n Afrikaanse koerant in die 1980s.